Nagmaal - 17 September 2023


Ons is by die laaste week van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS.
Ons sluit die reeks af met ons saamwees rondom die Nagmaalstafel.
Na die Nagmaal het ons 'n heerlike Nagmaalsete vanaf 11:30 in die Kobus Hattingh-saal.
By die Nagmaalsete bring elke gesin 2 bykosse (groente of slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg en kom kuier lekker saam. Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep.
Bring asseblief jou eie eetgerei en drankies.
As gevolg van die Nagmaalsete in die Kobus Hattingh-saal sal daar geen koffie/tee na die erediens in die saal wees nie.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na die erediens om 09:30 in die Kerkgebou.
Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die erediens.


DEUROFFER: STUDENTEBEARBEIDING

Studentebearbeiding fokus op die ondersteuning van die bediening aan studente in Stellenbosch, Tygerberg en Wellington, asook die post-matriek fees. Navorsing word ook gedoen oor die veranderende aard van die bediening aan studente en jong volwassenes. Die "Kerk van die Toekoms" netwerk help gemeentes om vars ruimte te skep waar jong volwassenes hulle geloof kan beoefen.

Webwerf: http://www.dinjeug.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023