Gemeenskapsdiens - 03 September 2023

 

 


Ons is besig om ons vere reg te skud vir Saterdag se Beesloop. Baie dankie vir elkeen wat hulle kaartjies verkoop het asook diegene wat hand opgesteek het as sameroepers en helpers. Julle is 'n klomp staatmakers! Behalwe dat jy die beesloop moet kom beleef, wil ons jou uitnooi om saam te kom braai na afloop van die prysuitdeling. Die oogmerk van die dag is 'n lekker gemeentekuier. Ons steek 11:30 die vure aan. Bring asseblief die volgende saam (ons voorsien tafels, stoele, kole):

  • Eetgerei
  • Drinkgoed
  • Vleis en bykosse
  • Rooster/braaitang/casserol


Ons nooi jou uit na Sondag se Gemeenskapsdiens en ook die Dankdag vir Landbou en Ekonomie om 09:30 in die kerk.
Ons teks kom uit Lukas 22:7-23. Ons tema is: Nagmaal in 'n Survivor-wêreld!
Ons is by week 5 van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS.
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker warm koppie koffie.

Ons wens jou 'n geseënde naweek toe en hoop om jou Saterdag vanaf 10:00 by die Beesloop te sien.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag om 09:30 by ons aan vir Week 6 van ons reeks.
Daar sal na kerk lekker koffie, tee en hot chocolate in die saal wees.
Daar sal volgende Sondag geen diens in die Kobus Hattinghsaal wees nie, omdat ons nog besig is met die "7 weke aan tafel met Jesus" reeks.


DEUROFFER: INSTITUUT VIR DOWES

Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Christus kan ontvang. Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes word as volg aangewend:

  • Bejaardesorg vir Dowes in 'n versorgingseenheid op Worcester;
  • Residensiële versorging van volwasse Dowes met meervoudige gestremdhede (die enigste in Suid-Afrika en Afrika);
  • Beroepsopleiding aan Dowe studente;
  • Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies;
  • Ondersteuning aan 2 gemeentes (die Dowe Familnie Kerk, Worcester en die NGK De la Bat in Bellville vir die geestelike versorging van die Dowes).

http://www.nid.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023