Inligting - Vergaderings, Vakatures en WhatsApp Gemeente Kommunikasie

KERKRAADSVERGADERING

Hiermee geskied kennis van die Kerkraadsvergadering wat gehou sal word op Donderdag 21 September.
Bid asseblief dat die Here self leiding sal neem.


VRB VERGADERING: (DIENSGROEP VIR VASTE EN ROERENDE BATES)

Die Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates vergader Donderdag 7 September om 18:00 in die kerk.
Indien jy belangstel om deel te raak van hierdie span kan jy vir Pieter Stoltz kontak.


VAKATURES: KERKRAAD

Daar is tans 3 vakatures vir die kerkraad met 'n termyn wat November 2023 begin. Ons wag vir nominasies vanaf die gemeente vir die volgende
Diensgroepe se voorsitters:
Oudl vir Diensverhoudinge: Hanteer alle personeelsake.
Oudl vir Finansies: Hanteer alle administratiewe en finansiële aangeleenthede.
Diak vir Vaste en roerende bates: Instandhouding van eiendomme.
Daar is nominasievorms beskikbaar by die kerkkantoor wat voltooi moet word. Die nominasies sal voor die kerkraad dien en nuwe leiers dan verkies sal word. Ons vra voorbidding vir die verkiesing van hierdie gemeenteleiers.


WHATSAPP GEMEENTE KOMMUNIKASIE

Indien jy die gemeente se kommunikasie via W/app wil ontvang kan jy die volgende stappe volg:
Stoor ds. Jan se selfoon nommer op jou telefoon.
Stuur 'n whatsapp boodskap met "W/app + jou naam en van" aan ds. Jan of kontak Merinda by die kerkkantoor.
(Jy hoef nie jou lidmaatskap aan te vra hiervoor nie)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023