KERSFEES-PROJEK

Soos verlede jaar gaan daar weer Kersfees sakke (dit was verlede jaar bokse) aan die skoolkinders in ons area uitgedeel word. Ons wil graag die feesseisoen vir al die kinders in ons area spesiaal maak. Verlede jaar was dit 'n reuse sukses.
Jy kan Sondae na kerk, by die tafel voor in die kerk, 'n sak by Petru gaan kry.
Binne-in die sak is 'n lysie van alles wat jy in die sak kan sit asook die naam en ouderdom van die kind vir wie jy die sak opmaak.
Die sakke moet asseblief terug wees teen die einde van November.
Vir meer inligting kan jy vir Petru kontak.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023