01-10-2023 - 07-10-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Biddag vir bejaardes: Eensaamheid, kommer en vele ouderdomsiektes maak ons bejaardes baie broos. Ons bid vir U teenwoordigheid in hierdie groepie mense se lewens. Wees U hulle lewensanker.
  2. Christelike Lektuurfonds (Deuroffer): Ons bid vir die verspreiding en druk van Christelike lektuur. Open U die harte van hulle wat die lektuur lees.
  3. Storms en brande: Ons was die afgelope week weer bewus van U almag en U ingryp in die natuur. Maar ons weet U is ook daar om te beskerm, te troos en te ondersteun.
  4. Skoolvakansie: Ons bid vir gesinne wat op reis is se veiligheid, maar ook dat gesinne die rustyd sal gebruik om rustig saam met U te verkeer.



DANKIE:

  1. Vir bejaardes se ervaring wat hulle met ons kan deel.
  2. Dat U aan die mens dink: Heb. 2:6 "Wat is die mens dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?...."
  3. Vir die nuwe Kerkraadslede: Vir hulle wat bereid is om die gemeente met hulle kundigheid te dien.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023