08-10-2023 - 14-10-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Radiokansel (Deuroffer): Radiokansel is 'n Christelike kanaal wat die Evangelie na mense in die uithoeke van ons land neem. Seën U asseblief die boodskap wat op dié wyse oorgedra word.
  2. Bela wet: Vader daar bestaan groot kommer by ouers, dat hulle inspraak tot die skool se taal en beleid, deur die Staat weggeneem sal word. Dit raak die basiese reg van die ouer tot die opvoeding van sy kind. Ons bid dat U ook deur gelowige ouers en instansies tot die debat sal toetree en dat U wil sal geskied.
  3. Die maand Oktober is vir ons die maand waar ons die skoonheid in die natuur raaksien. Help U ons om U as die Skepper vir al die mooi om ons te prys.
  4. Oktober is ook die maand waarin ons dankbaarheid aan U kan bewys deur ons 10de maand bydrae. Open U ons harte en beursies om ook deur ons offers ons dankbaarheid te wys.



DANKIE:

  1. Dat U ons gebede verhoor het waar daar siekte by ons en ons geliefdes was.
  2. Dat U die Koning van my lewe is.
  3. Dat U, deur U Gees, besig is om in ons gemeente te werk.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023