22-10-2023 - 28-10-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Missie Japan (Deuroffer): Hierdie sendelinge het ons voorbidding en finansiële ondersteuning nodig.
  2. Die Kerkraad: Ons bid dat U hulle sal toerus vir hulle taak en dat die beplanning vir 2024 tot U eer en die uitbreiding van U koninkryk sal geskied.
  3. Moorde op die Kaapse Vlaktes: Bendes is die oorsaak en dat die inwoners in vrees lewe. Beskerm U asseblief U kinders en gee dat die misdadigers aan die man gebring word.
  4. Nuwe Moderatuur vir die NG Kerk: Ons bid vir Ds. Jan Lubbe en die moderatuur om die moeilike uitdagings tot U eer te hanteer en dat hulle verseker kan wees van ons voorbidding.


DANKIE:

  1. Dat U steeds in beheer is, ten spyte van alles wat negatief is.
  2. Dat U daar is om ons kommer te dra.
  3. Dat gebede steeds in hierdie tegnologiese eeu vir gelowiges belangrik bly.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023