29-10-2023 - 04-11-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Alta du Toit Skool (Deuroffer): Hierdie skool bied ‘n opvoedkundige heenkome aan leerlinge wat intellektueel gestremd is. Hulle het ons voorbidding en finansiële ondersteuning nodig.
  2. Nagmaal: Ons bid dat U ons sal seën by die gebruik van die tekens van versoening met U. Maak ons bewus van U teenwoordigheid.
  3. Hervormingsfees: Saam met miljoene gelowiges herdenk ons vanoggend die Hervorming. Ons bid dat ons, ons Gereformeerde belydenis sal koester en handhaaf.
  4. Die wat kronies siek is en die wat aan kanker ly. Ons dra hulle aan U op vir genesing maar ook vir U vertroostende teenwoordigheid by elke siekbed.


DANKIE:

  1. Dat ons daagliks na Christen programme op die radio kan luister en na Christelike TV programme kan kyk.
  2. Vir 'n gemeente wat omgee en waar ons saam met mede gelowiges U liefde kan ervaar, maar ook gesellig kan verkeer en voedsel geniet.
  3. Vir die baie goeie verhoudings wat daar in ons land tussen verskillende groepe bestaan, ten spyte van kultuur verskille en mense wat haat stook. U is die enigste versoenende faktor.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023