BREI BEDIENING

Kyk, ek weet nou nie of dit die aanhoudende koue weer is nie, maar daar kom nog steeds voltooide artikels (brei en hekel) in ná die handskoenprojek! DIT WAS DIE IDEE! Dié wat hou van brei en wat wil brei/hekel, kan aanhou.
Die idee is om voorraad op te bou vir volgende jaar óf waar dit nodig is.
Behalwe die handskoene vir die skole, kon ons ook by die Kliniek in Groot Brak 24 paar piepklein mussies en bypassende babakousies afgee vir pasgeborenes. By Badisa en Emaüs is oorskot musse afgegee.
Ons het op die oomblik weer 'n aantal surplus musse en handskoene wat volgende Winter uitgegee word! Dank en eer aan die Vader vir so baie gewillige werkende hande wat omgee.
Alta van Wyk

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023