Erediens - 08 Oktober 2023

Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 08:00 in die Kobus Hattingh-saal en om 09:30 in die kerk.
Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie.
Daar is geen Vonkies tot die 1ste Sondag na die skole weer open op 10 Oktober nie.
Ons wens ons Vonkies en hulle ouers 'n heerlike rustyd toe.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na ons erediens 09:30 in die Kerkgebou.
Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die kerk erediens.


GASVRYHEIDSVERGADERING VIR ALLE DAMES

Ons nooi jou hartlik uit na 'n vergadering van Outeniqualand se dames. Dit vind plaas op Sondag 15 Oktober 2023 net na afloop van die erediens. Die Gasvryheidskomitee begin eersdaags met beplanning met die oog op 2024 se kalender. Ons benodig alle dames se insette en voorstel le ten opsigte van wat julle graag in 2024 rondom gasvryheid wil sien gebeur. Ons hoop om jou die 15de te sien. Jy kan ook voorstelle epos.


DEUROFFER: RADIO KANSEL

Radio Kansel en Radio Kaapse Kansel is 'n onafhanklike, interkerklike en interkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou. Radio
Kaapse Kansel kan op 729AM of op DSTV Audiokanaal 882 geluister word asook op http://www.radiokansel.co.za, http://www.kaapsekansel.co.za en http://www.capepulpit.co.za. Laai die toep (CAPEPULPIT) af en luister op jou selfoon.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023