Erediens - 15 Oktober 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie.
Die Vonkies skop Sondag af.


GASVRYHEIDSVERGADERING VIR ALLE DAMES

Ons nooi jou hartlik uit na 'n vergadering van Outeniqualand se dames. Dit vind plaas net na afloop van die erediens op Sondag 15 Oktober. Die Gasvryheidskomitee begin eersdaags met beplanning met die oog op 2024 se kalender. Ons benodig alle dames se insette en voorstelle ten opsigte van wat julle graag in 2024 rondom gasvryheid wil sien gebeur. Jy kan ook voorstelle epos.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na ons erediens 09:30 in die Kerkgebou. Dit is die bevestiging van ons nuwe kerkraadslede. Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die kerk erediens.


DEUROFFER: GIDEONS

1 Petrus 1:24-25 “Die Skrif sê: Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom: Die gras verdor en die blom val af, maar die Woord van die Here, dit bly vir ewig, en hierdie Woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.”
Die Gideons is 'n groep mans met hul gades as Hulpgroep. Hulle hoofdoel is om die Bybel te versprei en op dié wyse mense tot geloof te lei. Die Gideonbeweging bestaan reeds 73 jaar. In die RSA is reeds sedert 1950, 44 miljoen Bybels geplaas. Wêreldwyd word die Bybel in 109 tale deur Gideons versprei.
In die George gebied het ons die afgelope jaar reeds 5 140 bybels geplaas.
Hiervan was 2 093 in Xhosa, 2 393 in Afrikaans en 654 in Engels.
Outeniqualand se bydrae het gehelp om hierdie plasings moontlik te maak!
Daarvoor dank ons die Here. Wat kan JY vir ons doen om ons bediening in 'n groeiende skoolbevolking en gemeenskap volhoubaar te maak:
Bid vir die Gideons én sluit aan as lid of vriend van die Gideons.
Vir dit wat die Gideons in 73 jaar kon bereik kom die eer nie mense toe nie, maar ons Leidsman en Hemels Vader. Aan Hom die eer!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023