15-10-2023 - 21-10-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Gideons: Die organisasie se doel is om die Bybel te versprei. Ons bid dat die Bybel mense se lewens sal verander en dat hulle die nodige fondse sal bekom om die verdienstelike werk te kan voortsit.
  2. Die Algemene Sinodesitting: Die Sinode begin vandag. Ons bid dat U die middelpunt van besprekings en besluite sal wees.
  3. Oorlog tussen Israel en Palistina: Ons bid vir vrede tussen hierdie lande. Mag hulle 'n manier vind om in vrede saam te leef. Vertroos U hulle wat geliefdes verloor het, maar ons bid ook vir hulle wat gevange geneem is, beskerm U hulle. Ons bid ook vir die mense in Afganistan waar 'n aardbewing groot verwoesting gesaai het en duisende mense gesterf het. Wees U ook daar om te troos en te bemoedig.
  4. Die laaste kwartaal vir skole en Universiteite: Dit is die kwartaal waar rekenskap gegee moet word. Ons dink veral in ons gebede aan Graad 12 leerlinge en ook studente wat vanjaar hulle studies voltooi. Wees U ook met onderwysers en dosente wat leerlinge moet voorberei vir die eksamens.

DANKIE:
  1. Vir hulle wat in moelike tye bereid is om tyd, geld en hulle gebede vir minder bevoorregtes te gee.
  2. Vir damme in die Oos-Kaap wat vol is. U het ons gebede verhoor.
  3. Dat Jesus binne my is en God goed is.
  4. Vir Tuindag: in die kleinste-fynste blommetjie, volmaakte roos en die grootste boom sien ons U skepperhand en loof U daarvoor.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023