Erediens - 22 Oktober 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie.
Ons bevestig ook vanoggend ons nuwe leiers.


SKOP GROEPE:

Vandag vergader die KREATIEWE GROEP: Naaldwerk, kuns, fotografie, boekklub, modelbou, versamelings, tuinmaak, hout/staal/sweiswerk asook die
SPELETJIESGROEPE: Kaart, woordbou, skaak, legkaart, bingo.
As jy nie Sondag by die kerk is nie, kontak Sandra en meld aan vir een van die groepe.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na ons 10de Maand Dankbaarheidsoffer Nagmaal om 09:30 in die Kerkgebou. As gevolg van die gratis gemeente ete om 12:00 in die Kobus Hattinghsaal sal daar geen koffie in die saal wees na afloop van die diens nie. (sien elders vir meer inligting oor die gratis ete)


DEUROFFER: MISSIE JAPAN


Van die 125 miljoen mense in Japan, is ongeveer 1% Christene. Die Reformed Church in Japan is 'n klein maar lewenskragtige kerk wat versoek: “Kom help ons asseblief!”
Missie Japan...

  • Is 'n geloofsonderneming
  • Is afhanklik van vrywillige, finansiële bydraes
  • Het u gebedsondersteuning vir die sendelinge, die werk in Japan en die mense van Japan baie nodig.
  • Is dankbaar teenoor al die medewerkers.

Dr. Stephan van der Watt
http://www.missiejapan.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023