Nagmaal & 10de maand dankbaarheidsdiens - 29 Oktober 2023


Jy word hartlik uitgenooi na ons erediens.
Tydens die erediens samel ons die 10de maand dankbaarheidsoffers in en vier saam Nagmaal.
As gevolg van die gratis gemeente ete om 12:00 in die Kobus Hattingh-saal, sal daar geen koffie in die saal wees na afloop van die diens nie.
Ons wil vra dat diegene wat kaartjies bespreek het vir die gemeente ete, asseblief hulle eie eetgerei en drinkgoed sal saambring.


VOLGENDE SONDAG


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie.
Volgende Sondag vergader die SPORTGROEPE: Stap, tennis, rolbal, jukskei, gholf, pilates, voëlkyk, fietsry, visvang, kampering, 4X4, motorfiets. As jy nie Sondag by die kerk is nie, kontak Sandra en meld aan vir die groep.


DEUROFFER: ALTA DU TOIT SKOOL

Die Alta du Toitskool in Kuilsrivier gee onderrrig aan leerders (ouderdom 6 tot 18 jaar) wat intellektueel erg gestremd is en nie in hoofstroomonderwys met akademiese vakke kan aanpas nie. Die skool bied aan leerders uit alle kulture die beste geleentheid om volgens hulle eie vermoë en tempo te ontwikkel. Die fokus van die kurrikulum is aangepas en konsentreer op vaardighede soos selfversorging, kommunikasie, uitvoering van huishoudelike take, sinvolle tydsbesteding, arbeidgerigte-vaardighede, asook eenvoudige begrip van godsdiens. Vir leerders wat wel daartoe in staat is, word vaardighede soos lees, skryf en getalbegrip aangeleer om hulle te help om in die alledaagse lewe oor die weg te kom met vaardighede soos tydlees, hantering van geld en uitken van name van handelsbanke en winkels. Daar is twee koshuise vir leerders wat ver woon en bussies wat dagskoliere vervoer. Gemeentes se ondersteuning dra daartoe by dat leerders 'n vol lewe kan geniet in ‘n skool waar daar spesiaal na hulle unieke behoeftes omgesien word.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023