SKOP-GROEPE

Volgende Sondag skop ons af met die bekendstelling van SKOP.
Die aksie waar ons mense wil help om 'n groep te vind waar hy/sy hulle belangstellings kan uitleef.
Uit die vraelyste wat so 'n jaar gelede gesirkuleer is, het die meeste lidmate belangstelling getoon in die aktiwiteite wat oor die volgende 3 Sondae bekendgestel gaan word. Jy kan vanaf So 22 Okt by die kontakpersone gaan aanmeld as jy betrokke wil raak by so 'n SKOP-groep.



Sondag 22 Oktober:
KREATIEF: Naaldwerk, kuns, fotografie, boekklub, modelbou, versamelings, tuinmaak, hout/staal/sweiswerk.
SPELETJIESGROEPE: Kaart, woordbou, skaak, legkaart, bingo.

Sondag 5 November:
SPORTGROEPE: Stap, tennis, rolbal, jukskei, gholf, pilates, voelkyk, fietsry, visvang, kampering, 4X4, motorfiets.

Sondag 12 November:
GEESTELIK: Die kleingroepe is reeds aan die gang onder leiding van Ds. Basie Fourie. Daar is nog 'n behoefte vir persone wat betrokke wil wees by huis/hospitaalbesoeke en berading.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023