05-11-2023 - 11-11-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. VGK Friemersheim (Deuroffer): Ons gemeente het 'n besondere band met Friemersheim gemeente. Ons bid vir die geestelike werk wat daar gedoen word en vir die finansiële versorging van hulle gemeente.
  2. Ons 10de Maand Dankoffers: Vader ons het die geleentheid gehad om ons dankbaarheid deur middel van ons offers aan U te bewys. Help U ons finansiële beplanners om die fondse tot U eer aan te wend.
  3. Oorwinning van die Bokke: Vader ons land het 'n gees van samehorigheid en uitreik na mekaar so nodig. Ons bid dat die positiewe gees nie slegs 'n tydelike opwelling van emosies sal wees nie.
  4. Afgelope Sinode: Daar is steeds sake waaroor daar onsekerheid is. Ons bid dat partye wat oor sake verskil na mekaar sal uitreik en ter wille van die eenheid in die kerk oplossings sal soek.



DANKIE:

  1. Dat U ons leer wat liefde waarlik is.
  2. Dat U u Seun vir ons geoffer het en dat ons U kinders kan wees.
  3. Dat ons U seën op ‘n besondere wyse in ons gemeente ervaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023