12-11-2023 - 18-11-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Straatwerk (Deuroffer): Hulle wat straatwerk doen onder haweloses en verslaafdes het ons voorbidding en finansiële ondersteuning nodig.
  2. Oorloë in die Midde- Ooste en Oëkraine duur steeds voort. Die feit dat ons Regering kant kies, het onrus en tweespalt in ons land veroorsaak. Help ons as gelowiges om U wil te soek en op U te vertrou vir vrede.
  3. Ons land se ekonomie: Ons land verkeer op 'n afgrond wat stygende uitgawes betref en groot onsekerheid oor die bron van inkomste. Help U ons om slegs op U te vertrou en dat ons U sal sien as die lig op ons pad!
  4. Afgelope Sinode: Daar is steeds sake waaroor daar onsekerheid is. Ons bid dat partye wat oor sake verskil na mekaar sal uitreik en ter wille van die eenheid in die kerk oplossings sal soek.



DANKIE:

  1. Vir kinders wat herstel het na siekte en operasies.
  2. Dat ons U kan dien en volgens u Wet kan leef.
  3. Vir die Jubeljaar waar ons U kan dank vir U Liefde en Genade.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023