19-11-2023 - 25-11-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Koor (Deuroffer): Die koor speel 'n belangrike rol in ons gemeente. Dankie dat ons deur hulle sang nader aan U kan kom.
  2. Die komende Nasionale Verkiesing: Ons bid dat die burgers van ons land hulle burgerlike plig sal nakom en as kiesers sal registreer. (Registrasie 18 en 19 November 2024)
  3. Komende vakansie: Ons gemeente is besig om voor te berei vir die komende vakansie seisoen. Help U ons om vakansiegangers tuis te laat voel en ook U teenwoordigheid in ons gemeente en gemeenskap aan te voel.
  4. Die NG Kerk: Daar is by ons as U kinders diepe kommer oor berigte van Gemeentes en Ringe wat van ons Algemene Sinode wil wegbreek. Help U ons op die pad van versoening en begrip.



DANKIE:

  1. Vir U liefde wat ons deur U groot Genade kan ervaar.
  2. Dat ek deur U Genade 'n nuwe mens kan wees.
  3. Vir hulle wat hulle talente tot U beskikking stel.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023