26-11-2023 - 02-12-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Môreson Kinderhuis (Deuroffer): Ons bid vir die kinders se geestelike welsyn en ook finansiële voorsiening, maar ook vir die versorgers vir krag en volharding.
  2. Misdaad statistiek: Vader ons bid dat misdadigers en moordenaars nie ons lewensvreugde van ons sal wegneem nie en dat U die misdadigers se harte sal aanraak met U liefde.
  3. Jubeljaar: Seën U asseblief Natasha Joubert en Michael Lindt met hulle sang bediening. Dankie dat ons saam met hulle kon jubel. Ps. 95:1 “Kom laat ons jubel tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde!”
  4. Advent: Hierdie is 'n spesiale tyd op die Kerk se kalender, waar ons biddend die geboorte van Jesus en Sy Wederkoms nader. Dankie dat ons die tyd saam met medegelowiges dwars oor die wêreld kan herdenk.



DANKIE:

  1. Vir die rol van musiek en sang in ons geestelike lewe.
  2. Vir lidmate wat gewillig is om as sameroepers van stalletjies by die somerbasaar op te tree en hulle wat gewilig is om te help. Mag die Here ons basaar seën.
  3. Dat God geduld met ons het in al ons sonde en swakhede.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023