Erediens - 05 November 2023


 

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag se erediens om 09:30 in die Kerk.
Hierdie Sondag doop Gideon en Tanya Volschenk hulle dogtertjie Emily Wynne en Herman en Bea Kriel hulle dogtertjie Hannah.
Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie.


SKOP GROEPE:

Uit die vraelyste wat so 'n jaar gelede gesirkuleer is, het die meeste lidmate belangstelling getoon in die aktiwiteite wat oor die volgende 3 Sondae bekendgestel gaan word. Jy kan vanaf So 22 Oktober by die kontakpersone gaan aanmeld as jy betrokke wil raak by so 'n SKOP-groep.
Vandag vergader die SPORTGROEPE: Stap, tennis, rolbal, jukskei, gholf, pilates, voelkyk, fietsry, visvang, kampering, 4X4, motorfiets na afloop van die diens in die saal. As jy nie Sondag by die kerk is nie, kontak vir Sandra en meld aan vir een van die groepe.


VOLGENDE SONDAG

Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste om 08:00 in die Kobus Hattingh-saal en die Inrydiens om 09:30 op die kerkterrein. Ons gaan heerlik saam braai na afloop van die inrydiens.


DEUROFFER: VGK FRIEMERSHEIM

Outeniqualand het 'n geskiedenis van noue samewerking met VGK Friemersheim. Ons ondersteun graag hulle bediening en het simpatie met die uitdagings waarmee hulle te doen het.
Ons vra dat Outeniqualanders hierdie gemeente sal ondersteun deur hulle finansies maar veral deur hulle gebede.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023