Erediens - 12 November 2023


 

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag se eredienste om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en die inrydiens om 09:30 op die Kerkterrein.
Ons gaan heerlik saam braai by die Kobus Hattinghsaal na afloop van die inrydiens. Ons steek 11:30 die vure aan. Ons voorsien die kole, tafels en stoele.
Bring asb die volgende saam:
Eetgerei, Drinkgoed, Vleis en bykosse, Rooster/braaitang/casserol


SKOP GROEPE:

Uit die vraelyste wat so ‘n jaar gelede gesirkuleer is, het die meeste lidmate belangstelling getoon in die aktiwiteite wat oor die volgende 3 Sondae bekendgestel gaan word. Jy kan vanaf So 22 Okt by die kontakpersone gaan aanmeld as jy betrokke wil raak by so 'n SKOP-groep. Sondag 12 November is dit die GEESTELIKE groepe: Die kleingroepe is reeds aan die gang onder leiding van Ds. Basie Fourie. Daar is nog 'n behoefte vir persone wat betrokke wil wees by huis/hospitaalbesoeke en berading.
As jy nie Sondag by die kerk is nie, kontak vir Sandra en meld aan vir een van die groepe.


VOLGENDE SONDAG

Ons nooi jou uit na Sondag se lofprysingsdiens om 09:30 in die kerk saam met Natasha Joubert en Michael Lindt!
Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie.



DEUROFFER: STRAATWERK (Sinodaal)

Straatwerk is 'n Christen organisasie wat vir die afgelope 55 jaar as deel van ons kerkfamilie uitreik na: vroue vasgevang in prostitusie, hawelose mense en diengene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad. Deur werkrehabilitasie (Ophelp Projek) skep ons geleenthede vir hawelose mense om op 'n eerbare manier 'n inkomste te verdien deur harde werk as 'n alternatief vir bedelary en misdaad. In ons uitreike nooi ons vroue wat in prostitusie vasgevang is om deel te raak van ‘n verskeidenheid rehabilitasie inisiatiewe. Straatwerk is reeds sedert 2009 besig met 'n voorkomingsveldtog in skole om kinders in hoë risiko areas te waarsku teen seksuele misbruik en prostitusie. Ons nooi gemeentegroepe om deel te neem aan praktiese uitreike op straat as 'n teken van die Liggaam van Christus in Aksie.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023