Lofprysingsdiens - 19 November 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se lofprysingsdiens om 09:30 in die kerk saam met Natasha Joubert en Michael Lindt!
Kom kuier na die diens saam oor 'n lekker koppie koffie/tee.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit by ons aan sodat ons saam die Feesseisoen ingaan met ons Kerssangdiens volgende Sondag om 19:00 in die kerk.
Daar sal geen 09:30 diens in die oggend wees nie.


DEUROFFER: OUTENIQUALAND SE KOOR

Outeniqualand is een van die min gemeentes wat nog 'n kerkkoor het.
Volgende Sondag by die Kerssangdiens sal ons geleentheid kry om die koor in aksie te hoor. Die koor staan onder leiding vn Tinus Badehorst ons orrelis.
As jy voel dat dit die plek is waar jy volgende jaar kan inskakel, kontak gerus vir Tinus.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023