03-12-2023 - 09-12-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Bediening aan die Jode (Deuroffer): In 'n tyd waar daar baie spanning en emosie rondom U Volk is, bid ons vir hulle bekering en die geestelike bediening onder die Jode.
  2. Die Polisie, Buurtwag, Plaaswag en almal wat misdaad probeer bekamp en wie se lewens op die spel is in die uitvoering van hulle plig. Beskerm U hulle wat eerbaar is en hulle plig doen.
  3. Politieke invloed van alliansie in aanloop tot die verkiesing van volgende jaar: Ons bid dat daar ter wille van ons land, politieke verskille opsy geskuif word en dat kiesers wat dieselfde geloofsoortuigings het sal saam staan en os land op 'n nuwe koers sal stuur.
  4. Haweloses in George en ander stede: Vader raak U hierdie mense met U liefde aan. Dankie vir 'n gemeente wat omgee en wat na hulle kon uitreik.



DANKIE:

  1. Vir die Koor en Vonk maatjies wat met hulle deelname aan ons Kerssangdiens ons nader aan U kon bring.
  2. Vir 'n Kerkraad, Predikant en amptenare wat sorg dat ons Gemeente geestelik versorg word.
  3. Vir Advent tyd: In hierdie tydperk tot by Jesus se geboortedag dank ons U daagliks dat U u Seun aan ons geskenk het.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023