10-12-2023 - 16-12-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates (VRB) (Deuroffer): Ons Kerk se bates is ons Gemeente se verantwoordelikheid. Help U ons om dit tot U eer te bewaar en te versorg.
  2. Vakansietyd en skole wat sluit: Hou U asseblief U hand oor ons kinders, ouers en onderwysers in hierdie tyd van ontspan en help ons om die feesdae tot U eer te vier.
  3. Matriekulante se Wegbreek: Vader ons bid vir ons matrikulante wat wegbreek vakansies gaan hou en dat hierdie geleenthede tot U eer sal wees en nie vakansies van losbandigheid sal wees nie.
  4. Reën in die somerreënvalstreke: Seën U assblief ons boere en hou U hand oor hulle wat onder soveel druk verkeer.
  5. Somerbasaar: Ons bid vir U seën op hierdie geleentheid en dat dit meer as net 'n fondsinsameling sal wees maar ook gesellige bymekaar kom van gelowiges.



DANKIE:

  1. Vir Advent: Die tyd waar ons U geboorte as geskenk aan ons ervaar en bid dat U Koninkryk moet kom.
  2. Dat ons goeie skole het, waar ons rustig kan wees oor die opvoeding van ons kinders.
  3. Vir gelowige verantwoordelike opvoeders.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023