Erediens - 03 Desember 2023


Jy word hartlik uitgenooi na Sondag se erediens om 09:30 in die Kerk.
Kom kuier saam in die kerksaal na die diens met 'n lekker koppie koffie.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na ons eredienste om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die Kerkgebou.
Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die erediens in die kerk.


DEUROFFER: BEDIENING AAN DIE JODE

Bid asseblief vir Me Jeanie de Wet wat na Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaans-Joodse gemeenskap Beit Ariel in Kaapstad. Messiaanse Jode glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wat nie lidmate van Beit Ariel is nie en na Jode wat nie glo dat Jesus die Messias is nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023