Erediens en Carols by Candlelight - 17 Desember 2023


WELKOM ALLE BESOEKERS!
As jy 'n besoeker in Outeniqualand is, kan jy 'n inligtingstuk by die deure in die voorportaal neem.
Indien jy graag by ons wil inskakel, is daar ook 'n vorm aangeheg wat jy kan invul en in die kollekte sak plaas, by Merinda by die kerkkantoor inhandig of e- pos aan die kerkkantoor.
Die vakansieprogram is ook by die deure beskikbaar met al gemeente se aktiwiteite sowel as die stranddiensspan se program.

Hierdie Sondag se erediens vind plaas om 09:30 in die kerk, gelei deur ds. Helgard Janse van Rensburg.
Kom drink lekker koffie en kuier saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.
Om 18:00 vir 18:30 is daar Carols by Candlelight in die Kobus Hattingh-saal, aangebied deur die stranddiensspan.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is daar 'n erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk.


GELOFTEDAG

Ons nooi jou vriendelik uit na die versoeningsdiens op 16 Desember om 09:30 in die Kerkgebou.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023