21-01-2024 - 27-01-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Uitdagings van 2024: Die jaar hou vir ons op geestelike en lands-omstandighede vele uitdagings in. Help U ons om in alles volkome op U te vertrou.
  2. Week van gebed: Met hierdie besondere geleentheid wil ons as gestuurdes ons voor U verootmoedig en U wil in gebed soek.
  3. Die skole wat heropen het: Ons gebed is dat U vir ons onderwysers leerders en ouers die anker sal wees op wie hulle in die jaar hulle vertroue sal stel. Ons bid in besonder vir leerders in Graad 1 en die in graad 8 vir die aanpassing in 'n nuwe omgewing met nuwe uitdagings.
  4. Ds. Jan en sy gesin: Rus U hom toe vir sy taak en seën ons gemeente met al ons projekte.



DANKIE:

  1. Dat U in hierdie nuwe jaar daar is vir ons met ons kommer en benoudheid.
  2. Vir 'n geseënde feestyd waar ons bewus was van U teenwoordigheid en groot genade.
  3. Vir familie, vriende en vakansiegangers saam met wie ons U kon aanbid en feestelik verkeer.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023