29-01-2024 - 03-02-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Epifanietyd: Die viering van die seisoen van God se verskyning en bekendmaking aan ons en wat duur tot lydenstyd. Ons bid dat hierdie siesoen vir ons bewus sal maak van die voorbeeld wat Jesus as mens vir ons gestel het.
  2. Die gemeente se vaste en roerende bates (Deuroffer): Vader ons gemeente se bates behoort aan U. Help ons om dit tot U eer te versorg en bewaar.
  3. Week van gebed: Ons bid dat ons gebede van die afgelope week vir ons groter insig sal gee van ons taak as gestuurdes in die gemeente en in ons gemeenskap.
  4. Die matrikulante wat verlede jaar suksesvol was, maar ons bid ook vir hulle wat nie hulle doel bereik het nie. Help U hulle om hulle toekoms in U hande te plaas en sorg U asseblief vir hulle.



DANKIE:

  1. Vir die reën in ons streek maar ook vir die damme wat vol is. Ons is veral dankbaar vir die Koegadam in die Oos-Kaap wat vol is. U het ons gebede verhoor.
  2. Vir die bediening aan die Vonkies, vir hulle wat betrokke is by die jeug in ons gemeente.
  3. Vir gestuurdes wat 'n verskil in ons gemeente en die wêreld maak.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023