Erediens - 21 Januarie 2024


Goeie dag!

Dis heerlik om vanuit my pastorie vandag met jou te kan kontak maak. Die feestyd is verby en die jaar 2024 het aangebreek. Vir baie is die jaar alreeds op volle spoed met die skole wat geopen het en werkendes wat terug is in die werksplek. Baie geluk aan ons matrieks wat hulle uitslae ontvang het. Ek vertrou dat julle goeie uitslae behaal het en bid vir julle 'n mooi toekoms toe.

Ons is opgewonde oor die jaar wat voorlê. Nie net op persoonlike vlak nie, maar ook op gemeentelike vlak. Ons sien uit na 'n Godlooflike jaar!

Die leierskap van die gemeente het verlede jaar geloofsonderskeidend gevra en gebid: Here, wat is U wil vir ons in 2024? Die Here het vir ons konsensus gegee oor die tema:  Ek is ‘n gestuurde!  Elke kwartaal fokus op ‘n area waarheen die Here ons stuur.  In elkeen van hierdie areas, asook die daaglikse besluite wat ons neem, vra ons die vraag: Wat Sou Jesus Doen?

Ons nooi jou uit na die volgende geleenthede wat ons gaan help om ons jaartema en gemeentevisie (Oorgee, Omgee en Aangee) te help leef:

  • Sondag se erediens om 09:30 te kerkgebou: Ek is ‘n gestuurde!
  • Week van Gebed: 5 werkwoorde van gebed (wat ons gaan help antwoord aan die vraag: Wat sou Jesus doen?)
  • Ons 4 familie-wees: Die eerste kwartaal se tema is (soos op die kalender verwoord): Is ek 'n gestuurde binne my gesin en familie? Ons gaan familie-wees vier en gaan veral stilstaan by die geloofsgewoontes wat families moet bemeester ten einde familie-wees te kan 4/”celebrate” en juis daar ‘n gestuurde van die Here te kan wees. Sien die Familienuus en WhatsApp groep vir meer inligting.


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Ons begin ons jaar met ‘n heerlike familiebyeenkoms (erediens) van al ons Outeniqualanders. Ons nooi veral ook ons VONK-maats uit. Ons sien daarna uit om julle en julle ouers Sondag te ontmoet.
Na die diens drink ons heerlik saam koffie by die saal en vier ons ds Jan se verjaarsdag saam met ‘n stukkie koek.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag skop ons die kwartaal se reeks af: Ons 4 familie-wees.


DEUROFFER: PLAASLIKE JEUG - VONK (Vorm Ons Nes Klei)

Hierdie Sondag se deuroffer gaan vir ons plaaslike Jeugbediening: ons VONK-bediening. Ons VONKies het verlede jaar pragtig toegeneem. Ons is baie dankbaar vir Annemi en haar span wat so mooi na ons Vonkies kyk. Jy kan hierdie bediening vandag seën met jou finansiële bydrae en/of jy kan vir Annemi kontak indien jy meer betrokke wil raak by Outeniqualand se VONK-bediening.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023