Erediens - 28 Januarie 2024


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Sondag skop ons die kwartaal se reeks af: Ons 4 familie-wees.
Hierdie Sondag se tema is "Families onthou!"
Na die diens drink ons heerlik saam koffie by die saal.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.
Ons tema volgende Sondag is "Families waardeer mekaar!"


DEUROFFER: Outeniqualand se VRB Diensgroep

Die Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates, onder leiding van Hennie van Niekerk en sy span, sorg vir Outeniqualand se geboue en toerusting. Dit sluit die Kobus Hattinghsaal en terrein, die begraafplaas, die Kerk, Kerksaal en terrein asook die Pastorie in. Ons gemeente is geseënd met die mooiste natuurskone areas. Die geld wat met die Deuroffer ingesamel word, sal gebruik word vir die instandhouding, opknapping en verbetering van Outeniqualand se eiendom en terreine.
Indien jy deel wil word van hierdie span, kontak gerus vir Hennie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023