SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Raak betrokke by Outeniqualand se GASVRYHEIDSBEDIENING:

Outeniqualand se gasvryheidsbediening werk op 'n unieke manier. Ons het 'n whatsapp-groep waarop ons enige behoefte plaas. (van koffie-hulp, eetgoed vir funksies, begrafnisse, tafels dek en versier, naaldwerk, blomme, tuinwerk ens.)
Jy hoef net jou hand op te steek vir ‘n aktiwiteit wat jy voel jy betrokke wil raak. Ons sal jou nooit vra om iets te doen waarvoor jy nie kans sien nie. Jy het dus 'n keuse waar jy betrokke wil raak of help of nie.
As jou naam nog nie op die gasvryheidsgroep is nie, en jy wil graag deel raak van die whatsapp-groep, kontak vir Christa Botha by Merinda by die kerkkantoor.


NAGSKUILING

Baie dankie vir diegene wat gereageer het op die Nagskuiling oproep en vir donasies wat ingekom het. Enigiemand wat nog betrokke wil raak by die aksie of 'n donasie wil gee kan vir Blommetjie kontak.


Ons nooi jou om as vrywilliger aan te meld en ons Sondae te help met:


INSAMELINGSBEDIENING:

Die opneem van die offers in die banke tydens die erediens en ook by die deure na die erediens. Die offers word tydens die diens opgeneem en by 'n deur na afloop van die diens. Jy kom haal die sakkies voor kerk in die konsistorie by Merinda. Jy hoef nie lank voor die diens by die kerk te wees nie en jy hoef nie geld te tel na die diens nie.


KOFFIEBEDIENING:

Kom help met die voorbereidings en bedien van die koffie na afloop van die erediens. Jy meld 'n halfuur voor die ker k begin in die saal aan en help met die voorbereiding.
Al vereistes vir albei hierdie bedienings is:

  1. Dat jy gewillig is
  2. Dat jy opdaag en
  3. Dat jy jou glimlag saambring.

Ons stel vroegtydig 'n rooster op sodat jy presies weet op watter Sondag jy aan diens is. Dit is 1 diensbeurt elke maand of dalk elke 2 maande, afhangende van hoeveel mense aanmeld.
Whatsapp vir Merinda indien jy kan help met die insamelingsbediening en vir Karien indien jy kan help by die koffiebediening.


KALENDERS 2024

Die gemeentekalenders vir 2024 is by die kerkkantoor beskikbaar.
Gaan besoek Merinda om 'n gratis kalender te bekom.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023