04-02-2024 - 10-02-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Bybelgenootskap: Seën U asseblief die werk wat hierdie instansie doen, deur die Bybel in al ons landstale te vertaal en oor die hele land te versprei.
  2. Gemeente ontwikkeling (Deuroffer): Daar is gemeentes in ons land wat hulp nodig het. Ons bid dat ons bydrae sal help om die gemeentes geestelik en finansieël te versorg.
  3. Oorlog tussen Israel en Palestina: Vader ons as gelowiges sukkel om ons regering se standpunt ten opsigte van hierdie oorlog te verstaan. Help U ons om perspektief op hierdie tragiese stryd te kry en volkome op U te vertrou vir 'n oplossing.
  4. Brande in Wes-Kaap: Brande is besig om groot skade aan die natuur, eiendom en landbou aan te rig. Wees U asseblief met hulle wat die brande bestry en wees U daar vir hulle wat skade gely het. Ons bid ook tot U om hierdie natuurramp te beïndig.



DANKIE:

  1. Dat U mense voorsien om die Bybel te vertaal en te versprei.
  2. Vir familie en gesinne waaraan ons behoort en van stories waar U voorsiening en genade soos ‘n goue draad deur loop.
  3. Dat ons aan 'n gemeente behoort waar gebed die anker is en dat U vir ons die lig op ons pad is.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023