11-02-2024 - 17-02-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Opvoeding en onderwys: Hierdie belangrike sektor in ons samelewing het ons voorbidding baie nodig. Hier word die toekoms van die kerk en die samelewing gevorm tot verantwoordelike landsburgers.
  2. BADISA George (Deuroffer): Hierdie welsyns organisasie is besig om weerlose mense in ons samelewing by te staan. Ons bid dat hulle die fondse sal bekom om hulle doelwitte te bereik.
  3. Komende verkiesing: Hierdie verkiesing is baie belangrik vir die toekoms van ons land. Ons bid dat gelowiges U wil sal soek en daarvolgens sal stem.
  4. Hulle wat kronies siek is: Ons bid vir hulle wat siek is, maar ook vir die versorgers en verpleeg personeel. Wees U asseblief daar vir hulle.



DANKIE:

  1. Vir familie wat mekaar waardeer en vir mekaar diensbaar is.
  2. Vir gelowige onderwyspersoneel wat deur leer en voorbeeld kinders na U toe lei.
  3. Vir skoolhoofde en beheerrade wat by skole 'n christelike atmosfeer skep.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023