18-02-2024 - 24-02-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Lydenstyd (Lent): Die tyd waar ons die leer, lewe en lyding van Jesus herdenk. Help U ons om in dié tyd nader aan U te kom.
  2. Gemeente ondersteuning (Deuroffer) Vader daar is gemeentes wat finansieel swaar kry. Help U ons om ook ons plig teenoor hulle na te kom.
  3. Gemeentenaweek: Ons bid dat U seën op hierdie naweek sal rus en dat dit vir hulle wat dit bywoon ook 'n geestelike belewenis sal wees.
  4. Verkiesing: Vader daar is partye se verklarings wat nie van liefde en versoening getuig nie en daarop gemik is om verdeeldheid en onmin te saai. Help U ons as gelowiges om die verkiesing met geloof, gebed en hoop te benader.



DANKIE:

  1. Vir Nagmaal: Hierdie is ook 'n Dankbaarheidsmaal waar ons deur die gebruik van die Sakramente aan U ons liefde en dankbaarheid betoon.
  2. Dat ons as families ons drome om U kan bou.
  3. Vir U Woord: Ps 1:1-2 "Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddelose volg nie..., maar wat in die Woord van die Here sy vreugde vind en dit dag en nag oordink."


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023