25-02-2024 - 02-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Verkiesing: Vader die komende verkiesing is vir ons toekoms baie belangrik. Ontferm U oor ons, help U gelowiges om saam te staan en 'n verskil te maak.
  2. Herberg Kinderhuis (Deuroffer): Ons bid vir die versorging van hierdie weeskinders; finansieël maar ook geestelik.
  3. Moordsyfers in die Wes-Kaap: Ons bid dat U mense wat geen respek vir ander se lewe of eiendom het nie tot inkeer sal bring en beskerm U assseblief U kinders.
  4. Mans en vroue biddag: Hierdie nasionale biddag raak almal van ons. Seën U asseblief elke gebed op hierdie dag.



DANKIE:

  1. Vir Lydenstyd: U lewe en lyding was vir ons 'n voorbeeld, maar ook vir ons verlossing. Ons loof en prys U daarvoor.
  2. Vir gesinne wat vir mekaar omgee en vir ons as voorbeeld dien.
  3. Vir die sakrament van Nagmaal, waardeur ons geloof in U vernuwe en versterk kon word verlede Sondag.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023