Erediens - 04 Februarie 2024


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Hierdie Sondag se tema is: Families waardeer mekaar!
Indien die weer dit toelaat, drink ons lekker koffie op die gras voor die kerk na afloop van die diens.


DEUROFFER: Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkeling (Sinodaal)


Die NGGO taakspan se roeping is om saam as familie van die NG en VGK kerke, gemeentes te begelei om nuwe geleenthede raak te sien in hul onderskeie kontekste, om vars uitdrukking van kerk-wees te implimenteer.
Die leiers van die taakspan sal gemeentes besoek en begelei wat die behoefte het om ‘n nuwe geloofsgemeenskap te begin, hetsy binne in die gemeente of buite (bv. waar nuwe demografiese ontwikkelings in die area is).
Hulle help met opleiding en die skep van netwerke waar gemeentes en hul leiers veilig voel om nuwe maniere van kerkwees te probeer. Hulle beklemtoon dat hulle altyd die eenheid van die breër kerk bevorder en sal nooit die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe of vars uitdrukking van kerk sien as 'n manier om die kerk te verdeel nie.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die Kerk.
Ons tema volgende Sondag is Families droom saam!
Volgende Sondag se deuroffer gaan vir BADISA George.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023