Eredienste - 11 Februarie 2024


Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die kerkgebou.
Hierdie Sondag se tema is: Families droom saam!
Kom drink heerlike koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.


DEUROFFER: BADISA George

BADISA George doen baie belangrike werk onder geweldig moeilike omstandighede. So is daar verlede jaar: Gesinsherenigings – 32 leêrs / Vroeë intervensie – 12 leêrs, Kinderhofondersoeke – (walk in’s) – 27 leêrs / Kinders in pleegsorg geplaas – 82.
Tendense van dienslewering: Kinderverwaarlosing / Verlate kinders / Ontoereikende ouerskap / Werkloosheid / Substansieafhanklikheid in volwassenes en tieners.
BADISA George se kantore is in Victoria straat in George.
Ons wil ons gemeentelede aanmoedig om hulle te ondersteun met kos, klere, finansies, gebede en wat die Here ookal op jou hart druk.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir NAGMAAL om 09:30 in die Kerk.
Ons tema volgende Sondag is: Families maak tyd vir mekaar!
Na kerk is daar 'n bring en braai by die Kobus Hattinghsaal in Glentana.
Ons voorsien kole, tafels en stoele. Jy bring jou eie eetgerei, kos, drinkgoed en rooster/casserole/braaitang.
Moenie hierdie heerlike kuier misloop nie.
Enkel persone is baie welkom.
Ons het goeie braaiers in die gemeente.

Volgende Sondag se deuroffer gaan vir Sinodale Gemeente Ondersteuning.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023