Eredienste - 25 Februarie 2024


Ons het Sondag 2 eredienste:

  • 09:30 in kerkgebou. Daar sal geen koffie/tee na die diens bedien word nie.
  • 10:00 by Arendsrus. Ons tema is: Families kamp saam!

Sluit by ons aan vir 'n heerlike vrugtefees na die erediens te Arendsrus.


DEUROFFER: Herberg Kinderhuis

Die Herberg Kinderhuis op Robertson is 'n program van BADISA. Die kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders uit die Wes-en Suid-Kaap.
Kinders se ouderdom wissel van baba tot 18 jaar oud. Redes vir opname is verwaarlosing, mishandeling, molestering en geen staansmiddele.
Die kinderhuis se begroting beloop R11 miljoen per jaar. Met stygende petrolpryse, kos- en kragpryse is die Kinderhuis onder groot finansiële druk vir die volgehoue versorging van ons kinders.
Ons is baie afhanklik van gemeentes en individue se bydraes. Ons is die enigste BADISA KINDERHUIS vanaf Worcester tot Plettenbergbaai en bedien 'n baie groot area. Ons ontvang slegs 48% van ons begroting van die staat en die res moet ons self invorder. Dankie vir die verskil wat u in ons kinders se lewens maak. Ons waardeer elkeen se bydrae ogelooflik baie.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag se deuroffer gaan vir Alta du Toit Nasorg.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023