Inligting

DIENSGROEP VIR GETUIENIS

Kom skakel in! Ons vergader Woensdag 7 Februarie om 15:00 by die kerkgebou. Daar word interessante projekte beplan vir die jaar: onder andere weer 'n Sokkerdag waarby ons skole in ons area betrek. Indien jy 'n hart vir getuienis het, kom skakel gerus by ons in.
As jy enige vrae het, kontak vir Charles.


NAGSKUILING

Baie dankie vir diegene wat gereageer het op die Nagskuiling oproep en vir donasies wat ingekom het. Enigiemand wat nog betrokke wil raak by die aksie of 'n donasie wil gee kan vir Blommetjie kontak.


SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Raak betrokke by Outeniqualand se GASVRYHEIDSBEDIENING:
Outeniqualand se gasvryheidsbediening werk op 'n unieke manier. Ons het 'n whatsapp-groep waarop ons enige behoefte plaas. (van koffie-hulp, eetgoed vir funksies, begrafnisse, tafels dek en versier, naaldwerk, blomme, tuinwerk ens.)
Jy hoef net jou hand op te steek vir ‘n aktiwiteit waar jy voel jy betrokke wil raak. Ons sal jou nooit vra om iets te doen waarvoor jy nie kans sien nie. Jy het dus 'n keuse waar jy betrokke wil raak of help of nie.
As jou naam nog nie op die gasvryheidsgroep is nie, en jy wil graag deel raak van die whatsapp-groep, kontak vir Christa Botha by Merinda by die kerkkantoor.


KOOR

Die KOOR oefen Donderdag om 17:00 in die Kerk.
As jy hou van sing, kom sluit aan by die koor!
Almal is welkom.
Kontak vir Tinus.


KALENDERS 2024

Die gemeente kalenders vir 2024 is by die kerkkantoor beskikbaar.
Gaan besoek Merinda om 'n gratis kalender te bekom.


BINGO – 6 FEBRUARIE

Op Dinsdag 6 Februarie om 10:30 by die Kobus Hattinghsaal kan jy lekker kom BINGO speel.
Die ingangsfooi is R10 wat 'n gratis tee/koffie insluit.
Daar is ook lekker pryse wat gewen kan word!
Kontak vir Lorraine.


PENDELDIENS

Een van ons lidmate het begin met 'n Lughawe en Dorp pendeldiens.
Hy kan help so wyd as Oubaai / Heroldsbaai / Glentana / Grootbrakrivier / Wildernis / Victoriabaai.
Hy sê sy diens is betroubaar, bekostigbaar, betyds en veilig.
Kontak gerus vir George Botha.


OREGON PINE EETKAMERSTEL

Oregon Pine eetkamerstel te koop vir R9 500.
Tafel 1,5 x 1,5 m met 8 stoele.
Kontak Jaap van der Westhuizen.


KAJAK

'n Kajak in baie goeie toestand te koop.
Kontak Johann Haupt van Dwarswegstrand Oord.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023