Nagmaal - 18 Februarie 2024


Kom sluit by ons aan vir NAGMAAL om 09:30 in die Kerk.
Hierdie Sondag se tema is: Families maak tyd vir mekaar!
Daar is vandag geen koffie na die erediens nie, maar ons nooi jou uit na die Gemeente se Nagmaalsete na die erediens in die Kobus Hattingshaal. Ons gaan heerlik kuier en saam braai as familie in Christus. Ons voorsien kole, tafels en stoele. Jy bring jou eie eetgerei, kos, drinkgoed en rooster/casserole/braaitang. Moenie hierdie heerlike kuier misloop nie. Enkel persone is baie welkom. Ons het goeie braaiers in die gemeente.


SKOP GROEPE

Almal wat hou van stap word gevra om Sondag 18 Februarie na afloop van die diens, agter te bly in die kerk om ingedeel te word in stapgroepe. Dit sluit ervare en minder ervare stappers in.


DEUROFFER: GEMEENTE ONDERSTEUNING

Die Gemeentehulpfonds verleen ondersteuning aan gemeentes wat finansiële probleme ondervind. Die fonds is bedoel om die geestelike bediening in stand te hou en nie vir kapitale werke of instandhouding van fisiese fasiliteite nie.
Meer inligting oor hierdie Sinodale bediening by http://www.kaapkerkadmin.co.za


VOLGENDE SONDAG


Ons het volgende Sondag 2 eredienste:

  • 09:30 in kerkgebou
  • 10:00 by Arendsrus.

Ons tema is: Families kamp saam!
Sluit by ons aan vir 'n heerlike vrugtefees na die erediens te Arendsrus.
Volgende Sondag se deuroffer gaan vir Die Herberg Kinderhuis.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023