SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

DIENSGROEP VIR GEMEENTEBEDIENING

Kom word deel van die span! Ons vergader Woensdag 14 Februarie om 18:00 by die Kobus Hattinghsaal. Die Diensgroep vir Gemeentebediening fokus saam met ds. Jan op al die geestelike aktiwiteite wat die gemeente geestelik help opbou. Kom raak deel en help kreatief dink oor Outeniqualand se geestelike bediening.
As jy enige vrae het, kontak vir Jaap.


DIENSGROEP VIR BARMHARTIGHEID


Hierdie is 'n ope uitnodiging vir almal wat 'n hart het vir ander mense, veral dié in nood. Kom sluit by ons aan en raak deel van die span wat ondersteun, uitreik en bemoedig. Hierdie is 'n baie lekker span om van deel te wees.
Ons vergader Dinsdag 13 Februarie om 15:00 in die Kobus Hattingh-saal.
Kontak gerus vir Nikki.


NAGSKUILING

Baie dankie vir diegene wat gereageer het op die Nagskuiling oproep en vir donasies wat ingekom het. Enigiemand wat nog betrokke wil raak by die aksie of 'n donasie wil gee, kan vir Blommetjie kontak.
Daar is 'n houer in die voorportaal vir nie-bederfbare items.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023