03-03-2024 - 09-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Biddag vir Landbou: Vader die boere in ons land het U baie nodig. Hulle stryd is teen die elemente in die natuur maar ook teen 'n regering wat nie baie simpatiek teenoor hulle voorkom nie, daar is ook hulle veiligheid, onsekerheid oor grondonteiening en probleme met kragvoorsiening en uitvoer van produkte by ondoeltreffende hawens. Ontverm U asseblief oor ons boere.
  2. Biddag vir die Ekonomie: Ons Ekonomie is onder groot druk om armoede te verlig en werk te skep. Daarvoor is ekonomiese groei nodig. Gee U asseblief mense wat met kundigheid en beleggings uitkoms kan gee.
  3. Ons gemeenskap: Dele van ons gemeenskap verkeer in armoede en het ons hulp en ondersteuning nodig. Help U ons om die nood raak te sien en hulp te verleen.
  4. Ons bid nie net vir 'n vreedsame verkiesing nie, maar dat wie ookal die land gaan regeer morele beginsels sal handhaaf soos respek vir lewe, eerlikheid, menslike waardigheid, maatskaplike waardigheid en versoening.



DANKIE:

  1. Vir dit wat ons het. Daar is so baie waarvoor ons dankbaar is. Ons aardse besittings, ons geestelike versorging en U liefde. Daarvoor loof en prys ons U.
  2. Vir Lydenstyd: Wat ‘n voorreg om saam met U die Lydensweg te stap en u nabyheid te ervaar.
  3. Vir kinders se liefde en versorging.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023