10-03-2024 - 16-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Eljada Nasorg (Deuroffer): Hier word volwasse persone wat intellektueel gestremd is, voltyds versorg. Hierdie persone en hulle versorgers het ons voorbidding en ondersteuning baie nodig.
  2. Lydenstyd: 'n Tyd waar ons Jesus met oorgawe volg. Joh. 8:12 Jesus sê: "Ek is die lig vir die wêreld, wie my volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee."
  3. Die vermoë om sensitief te wees vir die seer en nood om ons.
  4. Die verkiesing: “Laat U wil geskied, in die Hemel en ook op die aarde” maar ook in ons mooi land. Ons bid dat hulle wat aan bewind sal wees na die verkiesing U wil sal soek en tot U eer sal regeer.



DANKIE:

  1. Vir die mooi reën in ons omgewing. Ons het gevra en U het ons gebede verhoor. Daarvoor loof en prys ons U.
  2. Vir mense om ons wat omgee en na ons en ander uitreik.
  3. Dat U ons vrae en onsekerhede beantwoord en altyd daar is vir ons.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023