17-03-2024 - 23-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Reën in somerreënvalstreke: Daar is dele van ons land wat reën dringend nodig het om oeste te red. Ons vertrou op U om uitkoms.
  2. Hugenote Kollege (Deuroffer): Die inrigting bied naskoolse teologiese opleiding aan studente in sosiale werk en teologie. Die samelewing het hierdie studente met hulle teologiese agtergrond baie nodig. Ons bid dat U die werk van hierdie inrigting en studente sal seën.
  3. Nagmaal saam met Friemersheim: Ons gebed is dat U hierdie besondere geleentheid sal seën en ons ook op die wyse nader aan mekaar sal bring.
  4. Verkiesing: Daar is soveel aan hierdie verkiesing wat ons benoud maak. Ons weet dat ons land op 'n kruispad staan. Help U ons om op U te vertrou.
  5. Gemeente-aktiwiteite wat daarop gerig is om ons nader aan U te bring gedurende Lydenstyd en Paasfees. Ons bid vir U teenwoordigheid en seën by elke geleentheid.



DANKIE:

  1. Vir die voorreg om U daagliks te ontmoet, U gee vir ons U liefde, U Woord, die natuur en musiek.
  2. Dat ons by U rus kan vind. Matt. 11:28 “Kom na My toe, almal wat moeg en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee”.
  3. Vir Nagmaal en die voorreg om saam met die gelowiges van Friemersheim by U tafel aan te sit.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023