24-03-2024 - 30-03-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Publieke getuienis (Deuroffer): Hierdie instansie onder leiding van Dr. Braam Hanekom lewer getuienis onder verskillende gemeenskappe. Ons bid vir seën op hulle werk en die finansiële voorsiening.
  2. Paasvakansie: Skole het vir die Paasvakansie gesluit. Vader beskerm U asseblief hulle wat op die paaie is.
  3. Die Kerk en ons Gemeente: Paastyd is 'n belangrike tyd op die kerk kalender. Mag dit vir ons as gelowiges 'n tyd van verootmoediging en meelewing wees.
  4. Verkiesing: Vader daar is soveel berigte wat ons lees en hoor, en so min wat ons gerus stel. Help ons om in alles volkome op U te vertrou.



DANKIE:

  1. Vir 'n kerk en gemeente wat in Paastyd op U fokus.
  2. Vir al U getroue dienaars wat in die tyd woorde van bemoediging en hoop spreek.
  3. Vir hulle wat hulle vir versoening en vrede beywer.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023