31-03-2024 - 06-04-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Jan Kriel Instituut (Deuroffer): Hierdie instansie het vir baie jare leerders met spesiale onderwys behoeftes versorg. Help U ons om ons plig teenoor hulle na te kom, maar dat ons ook vir die leerders, opvoeders, versorgers en ouers sal bid.
  2. Paassondag: Hierdie is 'n besondere dag op ons kerkkalender. Vader maak U ons vandag bewus van U lyding, sterwe en opstanding. Dit was vir ons as sondaars wat U die Lydensweg gestap het.
  3. Heiligeweek: Ons as gemeente was die week in U teenwoordigheid. Ons gebed is dat ons meelewing nie net tot Lydenstyd beperk sal word nie, maar deel sal wees van ons daaglikse lewe en ons deur ons lewe ander sal inspireer om ook U volgelinge te word.
  4. Verkiesing: Alle tekens is daar dat die komende verkiesing dinge in ons land kan verander. Vader help U ons as inwoners om nie mag en heerssug ingedagte te hê nie, maar diens en opheffing.



DANKIE:

  1. Vir gelowige boere se hoop, moed en positiwiteit te midde van moeilike omstandighede.
  2. Vir Jesus wat vir ons gekruisig is. Dat ons in hierdie tyd deel kon hê aan U Lyding maar ook Genade en Liefde.
  3. Dat U alleen ons enigste hoop is.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023