DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL het hierdie jaar 73 ingeskrewe kindertjies tussen die ouderdom van 3 en 5 jaar. Ons hoop dat ons hulle die grondslag kan gee om suksesvolle en gelukkige volwassenes te word. 'n Goeie storie is dat die nuut-aangestelde Graad R Juffrou by Hoogekraal Primêr haar skoolloopbaan onder Juffrou Noleen by Diepkloof Kleuterskool begin het!
Kan ek asseblief julle hulp vra: Ons benodig storieboeke vir kleuters - meeste van dié wat ons het is al baie oud en op gelees! Ook wil ons groterige karretjies hê vir die klein seuntjies wat hulle lekker kan vashou en op die mat mee kan speel.
As iemand ons daarmee kan help kan julle my kontak of dit by die kleuterskool self afgee.
Ons sal dit baie waardeer!
Bernice van Rooyen

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023