Eredienste - 10 Maart 2024


Ons nooi jou uit na Sondag se twee eredienste: 08:00 in Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerkgebou.
As gevolg van ons preekreeks sal daarnie 'n inrydiens wees nie.
Hierdie Sondag se tema is: Families ontmoet God!
Kom drink heerlike koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.


DEUROFFER: ELJADA NASORG

Die Eljada Nasorg in Oudtshoorn voorsien residensiële versorgings- en ontwikkelingsdienste aan 97 volwasse persone met intellektuele gestremdhede en dagsorg-dienste aan 13 volwasse persone met intellektuele gestremdhede wat in die gemeenskap woon. Projekte en aktiwiteite wat deur 5 intruktrises aangebied word is: kognitiewe ontwikkeling, lewensvaardigheid- en bewusmakingsprogramme, leerwerk, kers- en matmakery, vervaardiging van draadhangers, naald-, krale-, brei en hekelwerk, hulp in die tuin en kombuis, etiket- en Bybelklasse, danse, uitstappies, koorsang by gemeentes, swem, toutrek, fietsry, gimnasiumoefeninge en stap.
Eljada Nasorg se 5 huismoeders versorg inwoners deur handhawing van persoonlike higiëne, voorsiening van maatltye en verversings, positiewe dissipline, kleding, netheid van kamers, voorsiening van 'n veilige ongewing, mediese sorg (medikasie, verpleging ens.). Dienslewering fokus dus op die bevordering en handhawing van inwoners en dagsorgkliënte se volle potensiaal, sodat hulle selfstandige en volwaardige lede van die samelewing kan wees.
Ons is dankbaar vir gemeentes se donasies waarsonder ons nie hierdie broodnodige dienste aan kwesbare persone kan lewer nie.
Wilma Lemmer
Webwerf: http://eljada.co.za


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag sluit ons die 4 familie-wees reeks af met ons tema: Families vier fees!
Ons vier ook Nagmaal saam met VGK Friemersheim wat by ons aansluit vir die diens.
Die deuroffer gaan vir Hugenote Kollege.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023