FONDSINSAMELINGS

Die Here seën Outeniqualand gemeente op soveel terreine. Ons staan telkens verstom en dankbaar oor die Here se voorsiening. Sy voorsiening help ons om ons visie van Oorgee Omgee en Aangee te kan uitleef.
Naas ons dankoffers en bankkollektes, is ons afhanklik van ander insamelings om ons begroting te laat klop. Dit beloop 22% van ons jaarlikse inkomste:

  • Jun/Jul: Winterbasaar
  • Sep: Beesloop
  • Okt: Tiendemaand dankoffers
  • Des: Somerbasaar

Al vier hierdie fondsinsamelings geskied in die tweede helfte van die jaar. Daarom het ons besluit om die insamelings deur die loop van die jaar te versprei. Dit is egter nie so maklik om beskikbare datums te vind in oorvol dagboeke nie.
Die Winterbasaar het na COVID slegs ‘n kontant en lewende hawe insameling geword sonder enige sosiale komponent/kuier. Die Beesloop van verlede jaar het juis die sosiale komponent/kuier probeer ondervang.
Ons het dus die Winterbasaar se insameling teruggeskuif na Maart/April.
Ons noem dit die Herfsmandjie van oorvloed. Ons sal in die komende dae die basaarlys oftewel die dankbaarheidslys vir jou epos. Boere wat lewende hawe gee, kan die vee gee soos dit slaggereed raak (wat in die verlede in Jun/Jul was). Op Saterdag 27 April sluit ons die insamelings af met 'n lekker kuier op ons kerkgronde.
Dankie vir elkeen se bydrae om te help dat Outeniqualand sout en lig vir die wêreld is. Elke bydrae in die vorm van kundigheid, tyd, energie, gawes en finansies maak 'n groot impak op God se koninkryk.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023