Gemeenskapsdiens - 03 Maart 2024


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Hierdie Sondag se tema is
Families gee om!
Dit is ons gemeenskapsdiens waartydens ons ook gaan voorbidding doen vir die Landbou en die Ekonomie.
Kom drink heerlike koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.


DEUROFFER: ALTA DU TOIT NASORG

Die Alta du Toit Nasorgsentrum (Bellville) maak voorsiening vir volwassenes (18 jaar en ouer) wat intellektueel gestremd is.
Hulle vaardighede word optimaal ontwikkel met die hulp van professionele opleidings- en ontwikkelingsprogramme. Die hantering van kliënte word bestuur deur ‘n dissiplinêre span, wat persoonlike versorgers, verpleegpersoneel, toesighouers in die werksarea, arbeidsterapeute asook maatskaplike werkers insluit. Met die nodige liefde en ondersteuning word verseker dat ons kliënte eerstens goed versorg word, maar word daar ook omgesien na hul fisiese, emosionele en geestelike behoeftes. Ons huisves 174 kliënte in 4 koshuise en ontvang ook op weeksdae 59 dagsorg-kliënte in die werk- en terapeutiese areas. Die jongste is 18 jaar oud en die oudste is ‘n dame van 82 jaar. Ons kliënte bly in die nasorg tot hulle afsterwe. Soos julle kan sien is daar ernstige finansiële verpligtinge wat nie voldoende deur die Staat verlig word nie. Gemeentes se ondersteuning word opreg waardeer en dra ongelooflik by tot die volhoubaarheid van die Nasorgsentrum.
Baie dankie!
Marina van der Meulen
http://altadutoit.org.za


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag se deuroffer gaan vir Eljada Nasorg.

 

GEBEDSNAWEEK

Baie dankie aan al die Outeniqualanders wat Donderdag deelgeneem het aan die Gebedswandeling en ook Donderdag en Vrydag deelgeneem het aan die Gebedsketting! Ons nooi jou uit om Sondagoggend die Biddag vir Landbou/Ekonomie by te woon.
“Om heeltemal op God te vertrou gee krag aan jou gebed. Bid met daardie vertroue en God sal vir jou gee wat jy vra, of dit iets kleins of groots is.”
Matteus 21:22

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023